Thursday, July 1, 2010

AAN DIE VOET VAN TAFELBERG


Gulsig smul ons aan die voet van Tafelberg. Hierdie vleisgevulde bolletjie het ons laat Hup Holland Hup tot styf teenaan die stadion. Saam gelag, saam gejuig en saam gehuil. Ons hou die Oranje vlag omhoog, vir jou ons Hollandse gister-kind.

Monday, June 28, 2010

MY BLIKKIE VOL KOS


'n Vuurwarm Spaanse aand. Hemels is die voedsel hier op ons tafel, terwyl vriende se gelag ons harte warm laat klop. Min het ons geweet van die band wat ons bind aan hierdie vreemde land. Getrou die resepte nagevolg, net om te vind, dis aljuis my ouma se gelaste dis.

Friday, May 28, 2010

PATERNOSTER

Ons stil-word-dae. Saamwees-tye. Onthou-weer-oomblikke. Hier op Paternoster se strand. Lig trap, suutjies praat, almal lê en slaap. Puzzle-blou is jou hoedjie nou, more oggend grys en grou.


Tussen vandag en gister lê 'n lang teerpad van hier in die Kaap tot daar waar ons weer langs jou kom rus, Klein Skulpie op die strand.

Thursday, February 4, 2010

GLASHELDER-SKITTER-MOOI-DAG EK GROET JOU SAG



Huppelkind ek lag
Mooi herhinneringe en seer-maak-oomblikke
Langsaam tel ek op gister se stukke
Ons bak koekies nog 'n slag
Saggies gee ek jou 'n drukkie
En plaas die foon terug op sy mikkie
Liewe Mams, ek sal wag nog so 'n rukkie
Voor ek groet, sag teen jou wang