PARTYTJIE-TYD
By enige partytjie moet daar koek wees.
Met my dogter se 16de verjaarsdag langs
die see was dit onvermydelik - dit sou 'n surf-tema wees! Langs Blouberg se strand het die meisies gelag, gesels en vreugde gedeel. Dit is sulke tye wanneer vriendskappe gesmee word wat vir altyd blywend sal wees. Dit is dit rondom kos wat mense se harte warmer klop en liefde ervaar word, want ons deel meestal ons kos met iemand vir wie ons omgee.

My lewe is gevul met kosstories. Vandat ek kan onthou het kos 'n bepalende invloed in my lewe gespeel. Die dae van die week was ingedeel volgens die kosbedrywighede in en om ons huis. Die laaste Vrydag van elke maand, byvoorbeeld, moes almal bontstaan want dit was kreefdag. Dan het my pa 'n streepsak vol kreef van Elandsbaai af saamgebring huis-toe. Die groot sinkbakke is reeds vroegdag vol koue water getap. Later is die krewe daarin gedompel en gespoel. Die potte is op die stoof gesit en die krewe is in hoeveelhede van 5 vir ongeveer 15min in kookwater gekook tot kersierooi.
Almal het om die kombuistafel vergader, koerantpapier uitgepak en die krewe is in hope in die middel van die tafel gepak. Daar was 3 klein hammertjies wat ons tussen mekaar moes deel om die doppe mee oop te kap. 'n Groot pot mayonnaise is ook in die middel van die tafel geplaas vir almal wat hul kreef daarmee wou bederf. Daar is gelag en gesels, terwyl die kreefsop teen jou arms afgeloop het en almal was gevul met hierdie heerlikheid uit die see van ons Weskus-strand. Hierdie samesyn is gegrafeer in die laaitjies van my geheue en ongetwyfeld het hierdie gebeurtenis 'n blywende invloed op my koservarings as 'n geheel gehad. Die reuke van die see laat my desperaat hunker na my koservarings as kind.
No comments:
Post a Comment